Thomas Mofolo's Chaka

Authors

Chris Swanepoel (ed)
University of South Africa

Keywords:

Chaka, Zulu, South Africa, Folktales, Indigenous Language, Translation Studies, Drama, Thomas Mofolo, Sesotho

Synopsis

In Chaka word die geboorte, opgang en val van die historiese Shaka slegs as vertrekpunt gebruik. Die werk vertoon konneksies met verskeie mondelinge en literêre genres soos die volksverhaal, legende, fabel, sage, fantasie en selfs mite. Daar is ook allegoriese kenmerke. Sy stilistiese grootsheid, poëtiese prosa, historiese basis met vermenging van fiktiewe elemente en karakters, die idealisering van Shaka se krygsvernuf, die heroїsering, is kenmerke wat die werk waarskynlik op die vlak van ʼn literêre epos plaas.

 Chaka se oorwinning oor die onregverdige behandeling wat hom in sy jeug te beurt geval het – gedeeltelik as gevolg van sy buite-egtelike verwekking – en sy vordering tot magtige heerser oor die grootste gedeelte van Suider-Afrika, word in die roman aangebied as ʼn direkte gevolg van die intervensie van bonatuurlike magte wat hom dapper en bloeddorstig gemaak het: eers deur die vrouedokter van Bungane en daarna deur die invloedryke tradisionele geestelike Isanusi en sy kornuite Malunga en Ndlebe – wat almal briljant gekarakteriseer word.

Chaka eindig met die AmaZulu wat nadink oor die tragedie wat hulle leier te beurt geval het en sê: “Di a bela, di a hlweba! Madiba ho pjha a maholo!” (Dit kook en skif! Selfs die groot ryke kom tot ʼn val!).

This is a key text that should constantly circulate in all the
languages of South Africa. …The linguistic content of the
source text is scrupulously transposed into Afrikaans – Andries Oliphant (UNISA)

A new translation cannot have come at a better time. … It
speaks of excellence and serious care to do justice to such an
important work. – Antjie Krog (UWC)

Chaka is ‘n komplekse en grootse werk, en Chris Swanepoel
het aan die Afrikaanse leserspubliek ‘n groot guns bewys deur
dit in Afrikaans te vertaal.
– Chris van der Merwe (UCT)

Book order form

Published

March 15, 2017