Julius Caesar: Die Galliese Oorlog
Keywords:
Julius Caeser, Military campaignsSynopsis
ISBN: 0 86981 301 3
Series: Documenta 29
Julius Caesar is waarskynlik vir Suid - Afrikaners die bekendste naam uit antieke Rome - "Julie"-maand en "keiser" herinner ons immers sJeeds aan horn. Meer nog: die verloop van meer as twintig eeue het niks aan sy grootheid as staatsman, generaal en skrywer ontneem nie. Daarom is hy in ons tyd nog een van die eerste volbloed Latynse outeurs met wie die Latynstudent op hoerskool kennis maak.
Die Gafliese Oorlog is een van Caesar se twee geskiedkundige werke. Dit verhaal hoofsaaklik sy stelselmatige onderwerping van Gallie (ongeveer die huidige Frankryk, Belgie en die suidelike deel van Holland) oor 'n periode van sewe jaar (58-52 v.C.) aan die gesag van Rome, maar bevat ook die beskrywing van twee Romeinse invalle in Brittannie (die huidige Brittanje) en twee in Germanie. Die verhaal van militere strategie en veldslae word afgewissel deur o.a. interessante uitweidings oor Britannie en sy inwoners, die sedes en gewoontes van die Galliers en Germane, die diere van die Hercyniese woud, en dade van persoonlike dapperheid.