Die Oorsprong van die Groot Trek

Authors

C F J Muller
University of Stellenbosch

Keywords:

South African History, Voortrekkers, Cape Colony, Great Trek

Synopsis

ISBN: 0 86981 519 9

Publication Date: 31 December 1987 

Series: Studia Originalia 5

Die Oorsprong van die Groot Trek handel oor die stoflike en geestelike oorsake wat aanleiding gegee het tot die migrasie van 1834. Ook die rol wat die eerste leiers (en veral Louis Tregardt) in die ontplooiing en deurvoering van die beweging gespeel het, word uitvoerig behandel. Prof. Muller staan as gesaghebbende historikus objektief teenoor sy stof en gee 'n verantwoorde siening en 'n kritiese herontleding van wat talle historici alreeds oor hierdie beslissende tydperk van ons geskiedenis geskryf het. Hy voer insiggewende motiverings aan vir sy Stelling dat die Groot Trek nie net 'n belangrike gebeurtenis vir Suid-Afrika was nie, maar ook 'n groot rol gef peel het in die geskiedenis van sy groot vasteland, Afrika, en dat die gevolge daarvan vandag nog in bepaalde wereldgebeure nagespeur kan word. Wat die leser se siening eers ook al was, hier kry hy nuwe insigte deur 'n totaal ander benadering van die oorsake en die deurwerking van die gevolge daarvan tot vandag. Prof. Muller het sy boeiende stof tydens 30 jaar van navorsing en studie - in Suid-Afrika en in die buiteland versamel, en sy omvattende bronnelys dwing gesag af.


Die skrywer se deurvorsende studie voorsien in die behoefte aan 'n wetenskaplik verantwoorde werk oor hierdie aspek van die Groot Trek. Slegs 'n sobere en realistiese siening ' van die Voortrekker en sy beweging sal dit werklik in perspektief plaas binne die wereldgebeure. Die Oorsprong van die Groot Trek is 'n boek vir ·elke student en almal wat werklik in die geskiedenis belangstel. Na 150 jaar moet weer met die Voortrekkers kennis gemaak word.


Gebore op Stellenbosch, ontvang die ,: skrywer sy skool- en universiteitsopleiding daar en doen ook navorsing aan die Universiteit van Oxford en Londen. Sedert 1938 spesialiseer hy in die Groot Trek en sit sy studie van die Voortrekkers voort as professor en hoof van die Geskiedenisdepartement aan die Universiteit van Suid-Afrika. As Nuffield Fellow en Carnegie Fellow skakel hy met oorsese historici en versamel belangrike oorsese inligting in 'n verskeidenheid van argiewe en biblioteke. Hy is lid van die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde (Leiden) en ook van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die Akademie se Stalsprys vir
Geskiedskrywing is aan horn toegeken, asook die FAK se prestigeprys vir Geskiedenisbevordering. Tans skryf en redigeer hy die Geskiedenis van die Nasionale Pers.

Author Biography

C F J Muller, University of Stellenbosch

Prof Muller was attached to the University of Stellenbosch

Die skrywer se deurvorsende studie voorsien in die behoefte aan 'n wetenskaplik verantwoorde werk oor hierdie aspek van die Groot Trek. Slegs 'n sobere en realistiese siening ' van die Voortrekker en sy beweging sal dit werklik in perspektief plaas binne die wereldgebeure. Die Oorsprong van die Groot Trek is 'n boek vir ·elke student en almal wat werklik in die geskiedenis belangstel. Na 150 jaar moet weer met die Voortrekkers kennis gemaak word.

Gebore op Stellenbosch, ontvang die skrywer sy skool- en universiteitsopleiding daar en doen ook navorsing aan die Universiteit van Oxford en Londen. Sedert 1938 spesialiseer hy in die Groot Trek en sit sy studie van die Voortrekkers voort as professor en hoof van die Geskiedenisdepartement aan die Universiteit van Suid-Afrika. As Nuffield Fellow en Carnegie Fellow skakel hy met oorsese historici en versamel belangrike oorsese inligting in 'n verskeidenheid van argiewe en biblioteke. Hy is lid van die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde (Leiden) en ook van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die Akademie se Stalsprys vir Geskiedskrywing is aan horn toegeken, asook die FAK se prestigeprys vir Geskiedenisbevordering.  Hy het ook aan die Geskiedenis van die Nasionale Pers gewerk.

Sepia brown lettering of main title in capital letters with brown line drawing of a map on the green background. The name of the author is in brown lettering at the bottom of the cover, and on the left-hand side is a  brown line drawing of a large oxwagon wheel.

Downloads

pdf

Published

June 30, 1987

Details about this monograph

Physical Dimensions