South African Theological Bibliography Vol 5: Suid-Afrikaanse Teologiese Bibliografie 5
Keywords:
South Africa, Church HistorySynopsis
ISBN O 86981 666 7
Table of Contents / Inhoudsopgawe
PREFACE vi
VOORWOORD vii
SOURCES INDEXED / GEINDEKSEERDE BRONNE viii
ABBREVIATIONS / AFKORTINGS x
SUBJECT INDEX / ONDERWERPSINDEKS 1
AUTHOR INDEX / OUTEURSINDEKS 203
BOOK REVIEW INDEX / BOEKBESPREKINGSINDEKS 337
Preface
This volume represents the achievement of an ideal: that of making a year's data available to users the very next year. (SATE 5 contains the data for 1989. It also contains a few data from 1988 which came to hand too late for inclusion in the previous edition (SATE 4). A few journal issues could not meet the cut-off deadline for the preparation of this manuscript: the material in question will appear in our next edition. Once again no more than a selection can be offered from Die Kerkbode and Die Hervormer: we simply do not have the staff to compile a complete index of church journals. We have, however, included theological dissertations from the University of Potchefstroom for Christian Higher Education - for this we thank professor C Lessing (director, Ferdinand Postma Library) and his staff. We have been gratified by the favourable reaction to our new format (SATE 4). Criticism and hints that will help us improve the bibliography will always be welcome. Our sole purpose is to serve users as efficiently as we can. The existing three divisions of The South African Theological Bibliography have been retained: a subject index, an author index and an index of book reviews concerning books printed in South Africa. Each index supplies all the bibliographical data needed to trace a source. In cases where an article includes an abstract, this is reproduced in the author index. Such abstracts have been reproduced unaltered, apart from the correction of obvious errors. Exceptionally long abstracts have been omitted for self-evident reasons. Data in respect of the publisher and place of publication are given in the language of the text concerned. in the case of journals we have kept lo the language in which an article was written. Users are reminded that this bibliography is limited to material from theological journals and anthologies published in South Africa, plus dissertations and theses of theological interest submitted to South African universities. ,We have been so fortunate as to retain the services of Mr H G Schoombie, who compiled the data, keyed them in and finalised the manuscript: our grateful acknowledgments to him! Thanks and appreciation, also, to the staff of the Institute of Theological Research for their help in reading the proofs: a mammoth task. Indeed, we would like to take this opportunity of thanking each and every person who contributed to this edition of The South African Theological Bibliography.
Voorwoord
Met die verskyning van hierdie uitgawe het ons ons ideaal bereik om die vorige jaar se gegewens in die daaropvolgende jaar aan die gebruiker beskikbaar te stel. SATB 5 bevat die gegewens van 1989. Enkele gegewens van 1988 wat te laat was vir opname in die vorige uitgawe (SATE 4) is nou ingesluit. 'n Paar tydskrifte se jaargange was nog nie voltooi toe ons by die afsnypunt vir die· gereedmaak van hierdie manuskrip gekom het nie en sal dus in die volgende uitgawe opgeneem word. Ons het weer eens slegs 'n seleksie gemaak uit Die Kerkbode en Die Hervormer. Personeel ontbreek om die kerklike tydskrifte volledig te indekseer. Die verhandelings in teologie van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys is nou ook opgeneem. 'n Spesiale woord van dank kom professor C Lessing, die direkteur van die Ferdinand Postma Biblioteek, en sy personeel toe vir hulle hulp in hierdie verband. Ons is dankbaar vir gunstige reaksie op ons nuwe formaat (SATE 4). Kritiek en wenke om die bibliografie te verbeter sal steeds verwelkom word aangesien ons strewe is om die gebruiker op die doeltreffendste wyse dien. Ons behou die drie afdelings waaruit die Suid-Afrikaanse Teologiese Bibliografie tans bestaan, naamlik 'n onderwerpsindeks, 'n outeursindeks en 'n indeks op boekbesprekings van werke wat in Suid-Afrika gedruk is. By elkeen van die indekse word al die bibliografiese gegewens wat nodig is om 'n bron op te spoor, aangegee. By die outeursindeks is 'n samevatting (abstract) voorsien in die gevalle waar hierdie samevatting dee! uitgemaak het van die oorspronklike artikel. Die samevatting is onveranderd oorgeneem en slegs ooglopende foute is verbeter. Buitengewoon Jang samevattings kon vanwee vanselfsprekende redes nie opgeneem word nie. Gegewens ten opsigte van die uitgewer en plek van uitgawe van boeke is in die taal waarin hulle geskryf is, weergegee. Wat tydskrifte betref, het ons die taal waarin die artikel geskryf is, behou. Ons herinner die gebruikers net weer daaraan dat hierdie bibliografie slegs gegewens bevat van materiaal uit tydskrifte en versamelbundels wat in Suid-Afrika verskyn het op die gebied van die teologie, asook titels van proefskrifte en verhandelinge wat by Suid-Afrikaanse universiteite ingedien is en vir die teoloog van belang is. Ons was gelukkig om oor die bekwame dienste van mnr H G Schoombie te beskik wat verantwoordelik was vir die versameling van data, insleuteling van die gegewens op die rekenaar en die uiteindelike voorbereiding van die finale manuskrip. Sy aandeel word dankbaar erken. Die personeel van die Instituut vir Teologiese Navorsing word bedank vir die hulp met proefleeswerk. Aan elkeen wat 'n aandeel gehad het aan hierdie publikasie ons dank en waardering.