South African Theological Bibliography Vol 6: Suid-Afrikaanse Teologiese Bibliografie 6
Keywords:
South Africa, Church HistorySynopsis
ISBN O 86981 739 6
Table of Contents / Inhoudsopgawe
PREFACE vi
VOORWOORD vii
SOURCES INDEXED
GEINDEKSEERDE BRONNE ix
ABBREVIATIONS FOR UNIVERSITIES
AFKORTINGS VIR UNIVERSITEITE xi
SUBJECT INDEX
ONDERWERPSINDEKS 3
AUTHOR INDEX
OUTEURSINDEKS 207
BOOK REVIEW INDEX
BOEKBESPREKINGSINDEKS 323
Preface
The main aim and purpose of the South African Theological Bibliography is to be of service to the scholar of theology in South Africa. It is with this scholar, the user at the end of the line in mind that the editors continue to look for ways and means of improving the Bibliography. We have included in this volume the data published in 1990. A few journal issues could not meet the cut-off deadline for the preparation of the manuscript: this material will appear in our next edition. Also included in this edition for the first time are the theological dissertations from the universities of Stellenbosch and the Orange Free State. Unfortunately, data on theological dissertations is not complete. This is also the case with information concerning degrees conferred at graduation ceremonies which took place in the second half of 1989. The material in question will appear in a following edition. Once again no more than a selection can be offered from Die Kerkbode and Die Hervonner. We are of the opinion, however, that the most important material from these church journals has been indexed. We have retained the three divisions introduced in volume four of the SATE: a subject index, an author index and an index of book reviews concerning books printed in South Africa in the field of theology. The sign # indicates that an abstract has been reproduced in the author index. These abstracts have been copied exactly from the original and only obvious errors have been corrected. For self-evident reasons exceptionally long abstracts have not been included. Information concerning the publisher and the place of publication is given in the language in which the book was written. As far as periodicals are concerned, we have retained the language in which the article was written. We have been so fortunate as to obtain the services of Mr J Liebenberg, who was responsible for collecting the data, keying the material into the computer and finalising the manuscript. We gratefully acknowledge his talents and abilities. We express appreciation to the members of the staff of the Institute for Theological Research for their help with the proofreading of the manuscript. To each and everyone who had a share in the production of this Bibliography our sincere thanks!
The Editors
Voorwoord
Die Suid-Afrikaanse Teologiese Bibliografie word saamgestel met die oog op navorsers in die teologie. Die redakteurs streef daarna om aan hierdie gebruikers 'n diens te lewer deur die verskaffing van bibliografiese gegewens wat georden en ontsluit is. Hierdie volume bevat materiaal wat gedurende 1990 verskyn bet. Ongelukkig het daar enkele aflewerings van tydskrifte verskyn nadat die manuskrip finaal gereed was vir publikasie. Hierdie gegewens sal in volume sewe opgeneem word. Soos in vorige volumes is daar weer 'n seleksie gemaak uit materiaal wat in Die Kerkbode en Die Hervormer verskyn bet. Gegewens in verband met verhandelings wat by die universiteite van die Oranje Vrystaat en Stellenbosch ingehandig is, is nou ook in hierdie volume verwerk. Die gegewens oor proefskrifte is ongelukkig nie volledig nie aangesien sommige grade eers gedurende die tweede helfte van 1990 toegeken is. Hierdie inligting sal ook in die volgende volume opgeneem word. Die data word soos in die vorige twee volumes onder drie afdelings behandel, naamlik onder 'n onderwerpsindeks, 'n outeursindeks en 'n indeks met gegewens oor boekbesprekings van teologiese boeke wat in Suid-Afrika gepubliseer is. By die outeursindeks is daar 'n samevatting (abstract) voorsien in die gevalle waar 'n samevatting dee! uitgemaak bet van die oorspronklike artikel. Die samevattings is onveranderd oorgeneem en slegs ooglopende foute is verbeter. Buitengewoon lang samevattings kon ongelukkig nie opgeneem word nie. Items waarby daar 'n # in die onderwerpsindeks aangebring is, verwys na die genoemde samevattings in die outeursindeks. Gegewens ten opsigte van die uitgewer en plek van uitgawe is in die taal waarin die boeke verskyn bet, weergegee. Wat tydskrifte betref, is die taal waarin artikels geskryf is, bebou. Gebruikers word weer eens daarop gewys dat hierdie bibliografie slegs inligting bevat van materiaal uit tydskrifte en versamelbundels wat in Suid-Afrika verskyn bet op die gebied van die teologie, asook bibliografiese gegewens oor proefskrifte en verbandelinge wat by Suid-Afrikaanse universiteite ingedien is en vir teoloe van belang is. Ons was gelukkig om die bekwame diens van mnr J Liebenberg te bekom. Hy was verantwoordelik vir die versameling van data, insleuteling van die gegewens op die rekenaar en die uiteindelike voorbereiding van die finale manuskrip. Sy aandeel word dankbaar erken. Die personeel van die Instituut vir Teologiese Navorsing word bedank vir die hulp met proefleeswerk. Aan elkeen wat 'n aandeel gehad het aan hierdie publikasie, ons dank en waardering.
Die Redakteurs.