Afrikamasutratjie
Keywords:
Gift book, Afrikaans, Erotica, Translation, Indian Literature, Vatsayayana, Illustrated, Diek Grobler, Marna Schoeman, Hardus KoekemoerSynopsis
This book is the sensual first-time translation into Afrikaans of Vatsayana's Kama Sutra, translated by Ilse Carla Groenewald. This hardcover A6 gift booklet, based on the Afrikamasutralarge edition, is richly illustrated with humour and wit by artists Diek Grobler, Marna Schoeman and Hardus Koekemoer. Written by Vatsayana, the Kama Sutra is regarded as a classic work on human sexual behaviour, and was originally written in the sixth century, in Sanskrit.
Afrikamasutra is die uiters sensuele, Afrikaanse weergawe van Vatsayayana se Kama Sutra uit die pen van skrywer Ilse Carla Groenewald. Die boek is pragtig en humoristies geïllustreer deur Diek Grobler, Hardus Koekemoer en Marna Schoeman. Die Kama Sutra word gesien as die standaard werk oor menslike seksuele gedrag in Sanskrit geskryf deur Vatsyayana tussen die eerste en sesde eeu na Christus. Kama verwys na estetiese en erotiese plesier en liefde, terwyl Sutra na die draadjie verwys wat alles en almal aan mekaar verbind. Afrikamasutra is ‘n unieke boek gebaseer op die Kama Sutra deur Vatsyayana. Wat hierdie boek uniek maak is dat dit die eerste Afrikaanse vertaling van die Kama Sutra is en al die illustrasies in die boek is gedoen deur drie bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, naamlik Diek Grobler, Hardus Koekemoer and Marna Schoeman. Die illustrasies lig op humoristiese en kreatiewe wyse die teks toe. Die boek is nie slegs ‘n direkte vertaling van die oorspronklike nie, maar is gemik daarop om die Suid-Afrikaanse idioom vas te vang en ‘n vars, unieke en sensuele blik te gee op seksualiteit wat gemik is op die moderne, vrydenkende Suid-Afrikaanse leser. Afrikamasutra kyk na liefde, respek, spiritualiteit, seksualiteit, intimiteit en ander sosiale kwessies op ‘n humoristiese, tog deernisvolle wyse. Die teks is ‘n skerp, pittige, maar ook poëtiese interpretasie van die oorspronklike teks deur Vatsyayana. Enig in Suid-Afrika.
To order a print copy of this title click on the link below.