Spes in arduis: 'n geskiedenis van die Universiteit van Suid-Afrika

Authors

Maurice Boucher
University of South Africa

Keywords:

University of South Africa, Open and Distance Learning

Synopsis

ISBN O 86981 001 4

This book is also available in English under a similiar title.

Inhoud

Voorwoord . . Vl

  1. Die voorspel . . 1
  2. Die eksaminerende universiteit 26
  3. 'n Botsing van ideale . . 81
  4. Nuwe benaderings .. . . 95
  5. Die omvorming van die Kaapse U niversiteit 113
  6. Die federale universiteit 147
  7. Die toenemende probleme van eksterne studie 195
  8. Eerste tree op 'n nuwe pad 223
  9. Vroee uitbreiding .. 243
  10. 'n Onseker toekoms 265
  11. 'n Nuwe universiteit ontstaan 286
  12. Die pas versnel 310
  13. 'n Onverwagte probleem 332
  14. Die oop pad vorentoe 349

Bladwyser 384

 

 

Voorwoord

As dee! van sy eeufeesviering het die Universiteit van Suid-Afrika sy geskiedenis te boek gestel. In werklikheid is dit meer as net y eie geskiedenis. Die Universiteit van Suid-Afrika, voorheen die Universiteit die Kaap die Goeie Hoop, is die oudt:te instelling in die Republiek wat grade toeken. Tot 1918 was dit inderdaad ons enigste universiteit. Die vroee geskiedenis daarvan is dus grotendeels tegelyk die geskiedenis van die hoer onderwys as geheel in Suid-Afrika. Dit moetdie Ieser dus nie verbaas dat die eerste hoofstukke van hierdie relaas die ontwikkelings op onderwysgebied in 'n wyer perspektief stel as die latere hoofstukke nie. Aan die ander kant moet 'n mens besef dat die Universiteit van Suid-Afrika maar betreklik onlangs die rol van 'n modern universiteit met 'n unieke doseermetode begin vervul het. Om die rede is besondere klem gele op die vinnige uitbreiding van die dienslewering in die laaste paar dekades.Die Universiteit was gelukkig om in die   van professor . Boucher iemand te he wat vir sy proefskrif vir die D.Litt et Phil.-graad [The University of the Cape of Good Hope and theUniversity of South Africa (1873-1946). A Study in national and imperial perspective] die geskiedenis tot 1946 indringend hier te lande en in die buiteland nagevors het. Hieruit is ruim vir die eerste hoofstukke van hierdie werk geput. Vir die aanvullende gedeelte is 'n groot verskeidenheid amptelike en nie-amptelike bronne gebruik, maar verlewendig deur die persoonlike herinneringe van vorige en huidige dosente en amptenare. Gewag moet ook gemaak word van die guile samewerking van antler persone en instansies. 'n Besondere woord van dank is verskuldig aan die Departement van N asionale Opvoeding vir vergunning tot insae in die leers van die staatsargief. Aangesien hierdie werk nie in die eerste plek vir die vakman bedoel is nie, is afgesien van voetnote en 'n bibliografie. 'n Omvattende bronnelys vir die tydperk tot 1946 verskyn in voormelde proefskrif, wat vir publikasie in die Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis aanvaar is. Vir die keurige versorging van die Afrikaanse teks was professor M.J. Posthumus verantwoordelik. Professor Boucher was op sy beurt gelukkig om as medewerker te he mnr. J.J. Brits wat uit hoofde van sy jarelange verbintenis met die Universiteit en sy verdieping in die geskiedenis daarvan, veral in die dag-tot-dag gebeure en die menslike aspekte, biografiese en ander besonderhede, foto's en gegewens kon hydra wat andersins moeilik opgespoor sou kon word. Sy kennis en navorsing het verskeie universiteitspublikasies verryk. Vir albei was hierdie studie liefdeswerk. ,,Liefdeswerk soos die," skryf professor Boucher, ,,word soms ietwat neerhalend beskryf as blote pieteitsbetoning, dit wil se as 'n onkritiese lofuiting oor persone in 'n klein gemeenskappie. Dit is inderdaad moeilik om koud objektief te staan teenoor gebeurtenisse van onlangs as jy hulle van binne bekyk sander die perspektief wat alleen die tyd daaraan kan gee. Nietemin, as waardering van die Universiteit die grondtema van die verhaal sedert 1946 is, kan ten minste gese word dat daar oral 'n gunstige siening van die Universiteit bestaan, veral by die groat getalle studente wat hulle vir sy kursusse ingeskryf het vandat dit 'n doserende universiteit geword het. Wat ook al die tekortkomings van die federale Universiteit en van die Kaapse universiteit voor die tyd was, het die moderne inrigting net soos hulle nooit sy verantwoordelikheid teenoor die volkere van Suid-Afrika uit die oog verloor nie. Die langdurige strewe na voile erkenning het net een doel voor oe gehad: om die belange te behartig van alma! vir wie die Universiteit in die !ewe geroep is." Dit is met trots maar ook met deemoed dat die geskiedenis van 'n Universiteit aangebied word.

Author Biography

Maurice Boucher, University of South Africa

Maurice Boucher was a South African historian, professor at the University of South Africa, and author of numerous scholarly works on South African history, European settlers, and institutional histories.

Main title in capital letters in wine red, with patterns of dates against a beige background.

Downloads

Published

December 31, 1973

Details about this monograph

Physical Dimensions