Owerheidsverhoudinge: - n Inleiding
Keywords:
South Africa, Governmental relations, Public AdministrationSynopsis
ISBN: 0 86981 404 4
Publication Date: 31 December 1986
Die skrywer wend in hierdie boek 'n daadwerklike poging aan om weg te beweeg van die starre formalistiese, pragmatiese en kontekstuele benaderings tot die studie van owerheidsverhoudinge waar aan dit reeds sedert die veertigerjare in tydskrifartikels in die Republiek gekenmerk word. Vir die eerste keer word daar 'n teoretiese onderbou vir die studie van die problematiek van hierdie baie belangrike onderwerp aangebied, en word die student sowel as die praktisyn in staat gestel om die manifestering daarvan in die owerheidswese op 'n sinvolle wyse te kontroleer.
Binne die algemeen aanvaarde en bekende raamwerke van die Publieke Administrasie behandel die skrywer verhoudingsverskynsels in die owerheidsopset aan die hand van die administratiewe proses en daar word in daardie konteks ook gelet op die basiese etiese norme wat dien as rigsnoere vir owerheidsoptrede.
Veral twee nuwe konsepsies word ontwikkel, naamlik die van owerheidsafstand en verhoudingsintensiteit. Deur die aanwending van hierdie konsepsies in besondere omstandighede word dit moontlik om nadelige ongelykhede tussen owerheidsinstellings
in 'n mindere of meerdere mate te nivelleer.
Omdat staatsvorm in 'n groot mate ook die aard van die verhoudinge binne 'n staat bepaal, word aandag in die besonder ook gegee aan die onderskeie geidentifiseerde kenmerke en toepassingsvelde van unitere en federate staatsvorme. Verder word verhoudinge tussen die Republiek en die onafhanklike Nasionale State ook in oenskou geneem. Die verhoudingsproblematiek in die Republiek word in sy geheel behandel aan die hand van die nuwe konstitusionele verwikkelinge, en in besonder met betrekking tot die bepalings van die 1983-Grondwet.