Kalliope Band II: `n Bloemlesing van Griekse liriese poésie van Alkman tot Pindaros
Keywords:
Classic Greek literature, Greek Poets, Greek literature in AfrikaansSynopsis
ISBN: 0 86981 529 6
Publication Date: 31 December 1988
KALLIOPE II bevat 'n bloemlesing van 18 gedigte uit die poësie van die volgende Griekse liriese digters: Alkman, Alkaios, Sappho, Ibukos, Anakreon, Simonides, Bakchulides en Pindaros (middel van die sewende eeu tot die tweede helfte van die vyfde eeu
v.C.). Dit bevat telkens 'n kort inleiding oor die lewe en werk van elke digter, met bibliografie. Die teks van elke gedig word telkens gevolg deur 'n apparatus criticus oor die teks, 'n filologiese kommentaar, 'n struktuuranalise van die gedig as geheel, asook 'n
bibliografie.
Alhoewel elk van die drie outeurs van KALLIOPE II die leiding met spesifieke gedigte geneem het, het al drie aan al die gedigte krities meegewerk. Hul eie bydraes word veral op die gebied van struktuuranalise en vertolking van die gedig as geheel gedoen.
Die werk volg op KALLIOPE I, 'n gelyksoortige boek deur dieselfde outeurs oor die Griekse jambiese en elegiese poësie vanaf Archilochos tot Theognis (Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria 1986).