Keur uit die redevoerings van Cicero: Uit die oorspronklike Latyn vertaal en van '`n inleiding en notas voorsien

Authors

J T Benade
University of South Africa

Keywords:

Cicero, Marcus Tullius, Latin Literature, Classical Studies, Translation, Latin, Afrikaans

Synopsis

ISBN: 0 86981 526 1

Die Romein Marcus Tullius Cicero was ’n prolifieke skrywer en waarskynlik die grootste redenaar wat antieke Rome opgelewer het. Hy is by uitstek die eksponent van die klassieke Latynse prosastyl - ’n styl wat eeue lank in Wes-Europa as die prosastyl par ex- cellence beskou is. Sy naam het sinoniem geword met woordrykheid: ’n cicerone is immers iemand wat vlot en aanhoudend moet praat.

Die redevoerings in hierdie bundel getuig van sy welsprekendheid, sy groot geleerdheid, sy blitsvinnige brein, en skerp tong wanneer die omstandighede dit vereis. Die woord filippi- k a het sy betekenis van “ ’n heftige strafrede” spesifiek aan Cicero se smaadrede teen Antonius ontleen.

Ofskoon hierdie uitgesoekte redevoerings nie Cicero se hele persoonlikheid weerspieël nie, sal die oplettende leser tog sy basiese karaktereienskappe kan raaksien: hoë etiese standaarde, ’n opregte vaderlandsliefde, ’n onblusbare sug na roem en ’n soms hinderlike trots op sy eie prestasies.

Author Biography

J T Benade, University of South Africa

J T Benade was attached to the Department of Philosophy at the University of South Africa.

Line drawing of a Greek philosopher standing next to a classic Greek pillar with outstretched arm, midway talking. The background is warm brown. The book title is in white capital letters, and the author's name isin white locercase lettering at the bottom right of the cover.

Downloads

Published

December 31, 1988