Huldigingsbundel Paul van Warmelo: Aangebied aan professor Paul van Warmelo· by geleentheid van sy sewentigste verjaardag op 19 November 1984
Keywords:
Legal history, Roman law, Comparative law, Contract law, South Africa, The Netherlands, Belgium, GermanySynopsis
DOCUMENTA 33
This volume is compiled of articles in Afrikaans, English, Dutch, and German.
ISBN O 86981 319 6
Onder redaksie van
JOHANN VAN DER WESTHUIZEN (VOORSITTER)
Ph J THOMAS, Universiteit van Pretoria
SUSAN SCOTT, en DEREK VAN DER MERWE, Universiteit van Suid-Afrika
J Th DE SMIDT en R FEENSTRA, Rijksuniversiteit te Leiden
INHOUD
Voorwoord vii
Preface ix
Curriculum Vitae xi
Publikasies xiii
Die Mens Paul van Warmelo 2 - F J du T Spies
Mancipatio by Slaves in Classical Roman Law 6 - Hans Ankum
Na Vijfenzestig Jaar 20 - J Th de Smidt
Ongepubliseerde Aantekeninge op die lnleidinge van Hugo de Groot 32 - J C de Wet
Some Reflections on the Reception of the "Proper Law" Doctrine into South African Law 38 - A B Edwards
De pecuniaire Bescherming van de Koper te goeder trouw van andermans Zaak in Hugo de Groots De lure Belli ac Pacis 70 - R Feenstra
Ontmoetingen in de Rechtsgeschiedenis 82 - Heleen Gall
Romeinsrechtelijke Invloeden op de Rechtspositie van het Kind in het oude Recht van de Zuid-Nederlandse Gewesten 94 - John Gilissen
Nemo Debet Bis Vexari pro Una et Eadem Causa 110 - C P Joubert
Afstanddoening van Serwituutregte 118 - D J Joubert
The Will that Won't - Formalities Gone Bananas 128 - Ellison Kahn
Nochmals zu 'in bonis habere' 144 - Max Kaser
Some Reflections on Section I ( I )(a) of the Apportionment of Damages Act 1956 and Contributory Intent 166 - Johan Scott
Authors as Authority 180 - Sir Thomas Smith
Het Raets-besluit van Burgemeester Velleius 194 - J E Spruit
The Fate of the Institutional System 218 - Peter Stein
Concubinatus in Roman Law 230 - Ph J Thomas
Cicero as a Legal Philosopher 238 - D H van Zyl
Die Uitbreiding van die Werking van die Romeins-Hollandse Reg deur middel van "Vrywillige Onderwerping" deur Lede van die Outochtone Bevolking 258 - D P Visser
Die Recensio der Pandekten und die modeme Romanistik 276 - F Wieacker
Die Rechtsprechung des Supreme Court of the Cape of Good Hope am Ende der sechziger Jahre des 19. Jahrhunderts 286 - R Zimmermann
VOORWOORD
Die publikasie van 'n huldigingsbundel ter ere van Paul van Warrnelo het sekerlik geen verduideliking nodig nie.
Die gedagte om so 'n bundel saam te stel en by geleentheid van die sewentigste herdenking van sy geboortedag aan te bied, het reeds in l 98 l ongeveer gelyktydig by sy voormalige studente en kollegas aan die Universiteit van Pretoria (waar hy
byna vier dekades lank as student, dosent, navorser, departementshoof en dekaan werksaam was) en aan die Universiteit van Suid-Afrika ontstaan. Die twee universiteite het die bundel dus gesamentlik aangepak. Professore R Feenstra en J Th de Smidt van Leiden is genooi om ook op die redaksie te dien.
Die Publikasiekomitee van die Universiteit van Suid-Afrika het aangebied om die bundel uit te gee en die grootste deel van die onkoste te dra. Van die kant van die Universiteit van Pretoria is 'n aansienlike finansiele bydrae gemaak. Beide hierdie
universiteite word hartlik bedank.
Persone wat genooi is om bydraes vir die bundel te skryf, sluit veral Paul van Warrnelo se oud-studente en voormalige kollegas in, asook ander bekende uid-Afrikaanse regsgeleerdes wat sy belangstelling en ywer ten opsigte van die Romeinse reg en regsgeskiedenis dee) en reeds veel op hierdie gebiede tot stand gebring het. Ook het 'n aantal beroemde Europese Romaniste en regshistorici met groot entoesiasme ingewillig om Paul van Warrnelo as 'n persoonlike vriend en 'n geeerde kollega te huldig. Die redaksie bedank al hierdie persone vir hulle besondere goedgesindheid en flinke samewerking. In die lig van die feit dat die bydraes uit verskeie lande afkomstig is en in verskillende tale geskryf is, is besluit om elke skrywer se sty) en verwysingsmetode so ver moontlik onaangeraak te Iaat. Benewens die feit dat dit haas onmoontlik sou wees om soveel verskillende style en aanbiedingswyses te vereenvormig, was dit ook sommige outeurs se uitdruklike wens dat hulle eie skryfstyl behoue moes bly.
Ons glo dat die individualiteit van elke bydrae ook die waarde van die bundel as 'n persoonlike huldeblyk verhoog. Eenvormigheid is dus slegs ten aansien van die uiterlike voorkoms van artikels nagestreef. Die taalgebruik, sty! en verwysingsmetode van elke bydrae is die outeur se eie verantwoordelikheid.
Die redaksie bedank graag alma! wat aan hierdie bundel meegewerk of die publikasie daarvan moontlik gemaak het. Die rektor van die Universiteit van Pretoria, professor Danie Joubert, en die rektor van die Universiteit van Suid-Afrika, professor Theo van Wijk, asook meneer Eugene van Heerden, direkteur van die Departement Uitgewersdienste van die Universiteit van SuidAfrika, verdien besondere vermelding.
Vir ons as studente, kollegas en vriende van Paul van Warmelo was dit 'n voorreg om hierdie bundel te kon saamstel. Mag dit hom waardig wees.
Pretoria, November 1984